Briewe van lesers

Geluk met ’n uitstaande fees

Ons wil graag vir Hugo Theart en sy span van Kunste Onbeperk gelukwens met ’n uitstaande Klein Karoo Klassique.

Ons glo dat dié fees in die toekoms net verder sal groei.

Die ATKV Afsluitingskonsert Son­dag­middag was fenomenaal. Ons wil die ATKV bedank vir hul bydrae tot Klein Karoo

Klassique, asook vir al die ander borge betrokke by dié fees.
– Nic en Ferda Barrow, Le Lude, Franschhoek