Briewe van lesers

Mooiste kerkgebou in dorp in 1971 agv Groepsgebiedewet gesloop

Bo: Die kerkgebou van die UCC (destydse Independente Kerk) op die hoek van Baron van Reede- en St Johnstraat wat in 1971 afgebreek is om ingevolge die Groepsgebiedwet plek te maak vir “wit besighede”. Foto verskaf

Japie Coetzee van Oudtshoorn skryf:
Twee projekte waaroor Die Hoorn verlede week berig het – die projek Karoo Kaarte wat handel oor Oudts­hoorn se ongeskrewe en soms onver­telde geskiedenis, asook Hazel Jonker se historiese wandeltoere soos gereël deur Heritage Oudtshoorn Erfenis (HOE), behoort deur die raad en ge­meenskap verwelkom te word.

Beide Karoo Kaarte en die wandeltoere is deel is van vanjaar se KKNK. Dit sal daartoe bydra dat feesgangers en besoekers ons pragtige dorp beter verstaan en help om die storie van die dorp en sy mense verder te vertel.

Ongelukkig sal die mooiste kerkgebou wat op die hoek van Baron van Reede en St Johnstraat gestaan het, naamlik die kerkgebou van die Oudtshoorn UCC (destyds Independente Kerk) nie deel wees van die vertellings nie omdat dit in 1971 weens die groepsgebiedewet afgebreek moes word en plek maak vir “wit besighede”. Omdat Baron van Reedestraat destyds as Koninginstraat of Queen Street bekend gestaan het.
Die gemeente wat vandag bekend staan as die Oudtshoorn United Congregational Church (UCC), se bediening het in 1838 begin, maar die koop van die grond is eers in 1848 afgehandel toe Oudtshoorn nog as Veldskoendorp bekend gestaan het.

Teen Maart 1849 was die pragtige gebou teen ’n beraamde koste van £500 in aanbou. Hierdie sandsteengebou se dak en gallerye is gedra deur pilare en skeepsmaste van geelhout wat vanaf Mosselbaai na Oudtshoorn per ossewa vervoer moes word. Die geelhoutpilare het met die boot vanaf Engeland gekom.

Die gebou is deur die jare baie ver­ander en uitgebou en die sandsteenblokke vir die 1923/1924-uitbreiding en verbouing van die kerk kom van wat van­dag bekend staan as Greystone Wild­­­park.

Die gemeente het gereeld gegroei en dit was altyd nodig dat daar onder lei­-ding van eerw Anderson geld ingesamel moes word vir die vergroting van die gebou. Tydens 1879 tot 1880 is die gebou vergroot teen ’n koste van £1 500 sodat dit 1 200 mense kon huisves. Met die gedwonge afbreek van die gebou in 1971 kon die kerk meer as 2 000 mense vir eredienste gehuisves het.

Die gemeente het in 1972 (17 Junie) hul nuwe gebou in Bridgton ingehuldig en is dit na ’n hofuitspraak verkoop aan die gemeente wat tans daar aanbid. Tans aanbid die gemeente te Jonesstraat met eerw Johannes Muggels as hul pre­dikant.

Alhoewel die kerkgebou gesloop is, is die gemeente in besit van die boeke met die doop-, huweliks- en aanne­mingsregisters van sedert 1838, en al het die gemeente hul kerkgebou verloor, kan niemand die kerk van haar ryke geskiedenis ontneem nie.

• Inligting en fotos verskaf deur Japie Coetzee wát vertel dat hy self in die kerkgebou Sondagskool en skool bygewoon het, gedoop is, katkisasieklas by­gewoon het en selfs onderwys gegee het. Hierdie gemeente, die oudste in die dorp, is sedert 1838 deur verskeie predikante bedien. Die graf van eerw B E Anderson is in die begraafplaas in Condorstraat.

Let us continue without them

The report on page 7 of Die Hoorn of 17 March refers. It is obvious that the questionable characters vying for power in Kannaland bring no worthwhile track record with them – and that if they had any decency, they would withdraw from local politics.

It is also obvious that the municipality is still functioning without such individuals, so let us continue without them. They are unneeded. They are a drain on the fiscus. The economy deteriorates. We need to look at ways of saving money.

Let us do away with vainglorious titles and individuals who serve no purpose except their own lusts.
Mandela’s dream