Personeel van winkels parkeer strate vol
Waar is die verkeersbeamptes of het die motorwagte nou hulle pligte oorgeneem?
Parkering op laaisones in die middedorp word aangewys deur motorwagte. Daar is geen parkeermeters nie en werkers by winkels parkeer nou vir die hele dag voor winkels – daarom ry die kooppubliek George toe.
Daar is ’n pragtige Absa en Standard Bank, maar waar parkeer die publiek?
Ek wil ook weet: Het wyk 1 ’n raads-lid? Nog nooit in die wyk gesien nie.
– Gerrit Bakker – Wyk 1, Oudtshoorn
Vaccination: Congratulations to the team
On Thursday 17 June my wife and I went to the Oudtshoorn Provincial Hospital for our Covid-19 vaccination.
I wish to congratulate the entire team that was on duty. We were so impressed with the kindness – Sara being wheelchair bound, was given every possible assistance. The efficiency of the process and the spirit of co-operation that prevailed was fantastic!
The atmosphere that the team gene-rated, was of such a nature that made the contact with our fellow citizens a happy social experience!
When we arrived home, the whole process having taken only 35 minutes, I received a text message confirming the details of the vaccine etc.
On opening my e-mail a few minutes later, I had an e-mail giving the same details as the text message.
What a service! Thanks to all on duty on 17 June!
– William Gould, Oudtshoorn
’n Brief aan my vriende
ek weet dat
die lewe moeilik
is hierbuite
en dat dit
voel asof niks uitwerk nie
ek wens regtig
dat ek jou seer
of die rede wat julle
gedryf het
kan wegvat
wat het geword van
die drome en verbeelding
wat julle ’n realiteit
wou maak
maar julle was nie so
sterk soos ek nie
ek wou nog nooit julle
lewe gevat het
of jul beheer het nie
wat ook al julle wil
word in die lewe
word dit
moenie iets begin
en in die helfte moed
opgee nie dink
aan die rede hoekom
julle probeer het
vandag sien ek julle
almal op die grond
maar niemand is
te sleg om goed te
raak nie en ek
hoop pappa help julle
om elke berg te oorkom
– Adriahan Jacobs