Prysenswaardig, Oudtshoorn Munisipaliteit
Hiermee my opregte dank en waardering vir die herstel van drie nabygeleë slaggate in Buitekantstraat, wat spoedig na rapportering daarvan aan die tegniese afdeling wel die nodige aandag geniet het en herstel is.
Daar word vertrou dat die res van die slaggate in ons mooie dorp Oudtshoorn volgens ’n prioriteitslys mettertyd ook die nodige aandag sal kan geniet.
Nogmaals dankie.
- Dankbare inwoner/eienaar, Millenium Aftreeoord, Oudtshoorn