Meeste maatreëls kom van owerhede
Dit is nie my gewoonte om te reageer op briewe wat anoniem in die koerant beland nie, want as ’n persoon nie bereid is om sy/haar naam te plaas by dit wat gesê word nie, het dit nie veel waarde nie
Ek het nooit geopper dat ek alles weet wat in siekesorgeenhede by aftreeoorde of ouetehuise aangaan nie; ewe min as wat Anoniem dit weet.
Ten eerste is die meeste van die maatreëls wat toegepas is, direk afkomstig van die owerhede wat toesig uitoefen oor sulke instansies, en dit sal Anoniem loon om te gaan uitvind wat dit behels.
Terloops, besoeke aan pasiënte in hospitale is ook nie toegelaat nie.
My argument met dr Vermeulen het gegaan oor veralgemening ten opsigte van die optrede van beheerrade en personeel van aftreeoorde in Oudtshoorn wat onmiddellik al drie aftreeoorde onder verdenking plaas, wat onaanvaarbaar is.
Dit is te betreur dat sommige mense die optrede van die personeel en beheerrade beskou as ’n soort van “straf” wat aan inwoners uitgedeel word vir wie weet wat ook al.
Die stelling dat Covid juis deur versorgers oorgedra word, is sonder enige bewys ten opsigte van die oorde waarvan ek kennis dra, en is nog eens ’n veralgemening wat ’n klap is in die gesig van die honderde of dalk duisende versorgers wat alles in hulle vermoë doen om juis dit te voorkom.
Dit sal grootliks bydra tot die beter versorging van persone in aftreeoorde en versorgingseenhede indien Anoniem eerder energie spandeer om saam met beheerrade en personeel te werk deur onder andere die optrede van sommige personeellede direk onder die aandag van die bestuur te bring, of dit na die onbudsman – wat as waghond oor sulke instansies aangestel is – te verwys en so die lot van kwesbare mense te verbeter, as om ongegronde stellings die wêreld in te stuur.
Ek sal honderd maal eerder luister na die gekyf van oningeligtes as wat ek skuldig staan aan iets wat gedoen of nagelaat is en tot die dood van ’n inwoner sal lei.
Dank aan Liesel le Roux vir die gebalanseerde opmerkings ten opsigte van die aangeleentheid.
– D Haasbroek, Oudtshoorn
A rhyme for the year 2021
I was thinking about the lockdown threats when the following rhyme came to mind…
Lockdown,
Don’t frown,
Stay at home and
play the game.
Tomorrow will be
just the same.
The Corona Virus is looking out
for careless targets moving about.
So obey the rules and let us pray
in the knowledge that our loving
Saviour
will always lead the way.
Alles wat goed is vir 2021!
– Brian Spenceley, Oudtshoorn