Briewe

Munisipaliteit grootste water-vermorser?

Woensdag-namiddag, 23 Oktober het duisende liter water langs Parkstraat weggeloop, die waarskynlike gevolg van ’n pypbreuk. Soortgelyke tragedies vind dikwels plaas.

AfriForum het hierdie probleem aan die munisipale raad geopper. Dit het op niks uitgeloop nie, want om te sê dat ’n tenkvragmotor nie beskikbaar is om die water op te vang nie, is ’n teken van traak-my-nie-agtigheid.

As die raad die Weermag genader het om ’n tenkvragmotor te huur of te leen, sou dit ongetwyfeld kon help met die benatting van onder andere die baie sportvelde. Hierdie optrede van die raad maak ’n bespotting van die gedurige oproepe om water te bespaar.

Ek en baie huiseienaars sal voortgaan om op verskillende maniere en met groot onkoste water te bespaar, want water is lewe. Ons verwag dieselfde van ons raad. Ons vertrou dat hulle gou sal reageer op hierdie pleidooi.

Aan ons almagtige, genadige Hemelse Vader al die eer vir die onlangse reën!

– Hoopvolle Inwoner, Oudtshoorn
(Die brief is aan die munisipaliteit gestuur vir reaksie. – Redakteur)

This is how they did it in Cape Town

When the city of Cape Town was trying to avoid their Day Zero many tips on saving water were distributed to re­sidents. Here are a few:
• Take short, stop-start showers. Wet your body. Turn off the tap. Soap. Rinse quickly.
• Don’t let taps run for too long or at full. Use a cup for shaving, brushing teeth, etc.
• No shower? Take a sponge bath. Use minimal water in a basin, bowl or washtub (‘waskom’).
• Use waterless hand sanitiser instead of washing your hands.
• Collect as much washing water as possible. Excess greywater can be used for plants or washing vehicles.
• Don’t let water run while you wait for it to heat. If possible, use cold water or heat your water for a sponge bath in a kettle or on the stove.