Briewe

Vergadering in Pinkstertyd

Dit is jammer dat Oudtshoorn se raads-lede besluit het om die begrotings- en GOP-vergaderings uit te stel en die datums daarna bepaal het vir vandees­week, in my geval op Maandag 3 Junie 2019.

Dit is tydens Pinksterdiens en het verhoed dat sommige belastingbetalers die GOP-vergaderings kon bywoon.

Raadslede en amptenare behoort in die toekoms ag te slaan op godsdiens-tige dae en gebeure van alle gelowe, sodat ons as belastingbetalers nie on-nodig die reg ontneem word om ons bydraes by belangrike vergaderings te lewer nie.
-Bart Vosloo, Oudtshoorn