Briewe

Lof vir Highgate se mense

Ek verwys graag na die afgelope Highgate/Groter Oudtshoorn Interprovinsiale Tweekampbyeenkoms die naweek van 1 Februarie op Oudtshoorn.

Soos almal seker weet, het welkome reën met gepaardgaande donderbuie Oudtshoorn verras!
Hoewel die 600 plus atlete, Oudts­hoorn se inwoners en talle toeskouers die reën verwelkom het, het dit ook logistieke uitdagings, wat infrastruktuur insluit, vir die organiseerders gebring!

En dis hier waar ek ’n pluimpie en groot waardering vir die eienaars van Highgate Volstruisplaas, Johan en Viljee Keller, vir Nellie Burger as funksie-organiseerder en al die werkers op Highgate wil betoon.

’n Donderstorm het Highgate en Volmoed Saterdagmiddag getref. Toe ek 16:30 op Highgate aankom om net die finale reëlings te koördineer, loop ek my vas in chaos wat deur die storm veroorsaak is!

Geen elektrisiteit nie, bome wat om­gewaai het, water wat die saal oorspoel het, takke wat die hele terrein vol lê – en dit waar die prysuitdeling om 19:00 moet plaasvind en waar byna 500 mense daarna moet braai!

My moed het sommer in my skoene gesak. Om ’n alternatiewe venue binne twee ure vir so ’n groot groep mense te vind is net nie moontlik nie!

Toe ek Viljee vra: “Wat nou?”, het hy net geantwoord: “Ons gaan aan!”

Al wat ’n werker op Highgate is, het met besems, kruiwaens en grawe ingespring en nodeloos om te sê, stiptelik 19:00 was ons gereed om voort te gaan!

Hoe Nellie en haar kombuispersoneel nog steeds ’n vyfsterete aan die gaste voorgesit het, sal net sy weet!

Ek dink bitter min venues sou dit kon hanteer. Namens Eden Tweekamp wil ek die grootste lof en dankbaarheid uitspreek teenoor die ongelooflik hulpvaardige, vriendelike en omgee-mense op Highgate!

Julle was AWESOME!
– Dave van der Walt, Oudtshoorn (operasionele bestuurder, Eden Twee­kamp)

Highgate se onthaallokaal onder water ná die ’n swaar reënstorm.

Selfsugtig en gevaarlik

Volgens my verstaan word ’n kruising as ’n vierrigtingstop beskou en genader wanneer die krag af is. Op Maandag, 11 Februarie, omstreeks 10:00 het ’n wit bakkie vanaf Langenhovenweg in Ba­ron van Reedestraat oor die Voor­trekkerweg-kruising gejaag – ek skat teen ’n snelheid van sowat 50 of 60 kilometer per uur.

Die bestuurder het niks gesien nie, want hy was besig om op sy selfoon te gesels.

Dankie, Meneer, ek het die dood in die oë gekyk. As ek toe gery het – wat eintlik my beurt was – was my vrou nou dood, my kar afgeskryf en ek waar­skynlik in die intensiewe sorgeenheid van die plaaslike hospitaal.

Jou optrede is nie net onverantwoor­delik nie, maar ook selfsugtig. Onskuldige mense se lewens word in gevaar gestel deur onverskillige optrede soos joune. Pat Jordaan van die Mu­ni­si­pale

Verkeersdepartement doen goeie werk onder baie moeilike omstandighede. Mense soos jy maak sy werk nog moeiliker.
– Peter Gray, Oudtshoorn

Horrified about wheelchair stickers

I have mulled over replying to a previous letter in Die Hoorn since the letter writer highlighted a particular problem regarding the use of wheelchair parking some three weeks ago

I was horrified to learn that the parking authority, designated by the clearly marked signs are now only valid for 12 months. Costs are high and those who have the misfortune to be wheelchair bound, are, I read, expected to part with an amount in excess of R400 each year to renew their sticker.

At the same time the able-bodied do not pay for parking.

The municipality’s reply can best be categorized as “unsympathetic” in the extreme. It is obvious to my wife and I that those who passed this discriminatory legislation are people without the milk of human kindness flowing through their veins.

I would also like to insist that those that use the designated wheelchair bays and have no sticker, be fined. In this regard I find the bay outside our post office and the one near Nedbank, to be usually unavailable for our use. Vehicles ranging across the full spectrum use the spaces with impunity.

The tone of the municipality’s reply was agressive and not in keeping with what I for one expect from a highly remunerated servant of the Oudts­hoorn public / rate payers.

I almost forgot! The pavements are in such a poor state of repair and the lack of ramps to access the street crossings leave one unable to use most of the shopping facilities in the main street. But who cares?

Certainly not our councillors as they are too busy gloating over the recently improved salary hike with an accompanied cell phone allowance that would pay for all the wheelchair stickers issued to our disabled population.
– William Gould, Oudtshoorn