Briewe

Katot Meyer stel ’n voorbeeld

Katot Meyer stel ’n voorbeeld vir ons almal op Oudtshoorn. Dankie daarvoor. (Die Hoorn, 31 Januarie 2019).

Ons as inwoners van ACVV Tuis­huis in Baron van Reedestraat het be­sluit om ook sy voorbeeld te volg en die vyf bome wat voor ons gebou in die straat staan aan te neem en te versorg.

Ons het vanmiddag, 2 Februarie, altesame 18 mm reën gemeet, maar weet dis nie genoeg om ons bome aan die lewe te hou nie en ons sal voortgaan met ons versorging solank dit nodig is.

In Tuishuis se tuine doen ons dit ook met ons jong bome, maar helaas het van die pragtige rose tot niet gegaan. As ge­volg van die droogte is daar van grasperke glad nie meer sprake nie. Ons sal ons nou toespits op dit wat hier aard – vetplante, klippe en aalwyne.
– Inwoner, Tuishuis, Oudtshoorn

Vrae oor water en inwonertal

Dié skrywe is vir almal vir wie Oudts­hoorn na aan die hart lê en vir wie die voortbestaan van die dorp belangrik is, en in besonder vir die munisipale raad en stadsbeplanners.

Ek is meegedeel die Groter Oudts­hoorn het ’n inwonertal van 100 000 plus. In die lig hiervan en huidige en ge­reelde watertekorte wil ek in op­regt­heid en met die beste bedoelings vir die voortbestaan van ons eens voor­uitstre­wende dorp, die volgende vrae aan die munisipale raad vra. Ek as inwoner en getroue belastingbetaler van meer as 40 jaar eis opregte en eerlike antwoorde.

• Hoeveel van die 100 000 plus inwoners het permanente werk?

• Hoeveel is belastingpligtig teenoor (a) die munisipaliteit en (b) die nasio-nale regering? Ek besef almal moet BTW betaal en sommige TV-lisensies.

• Watter persentasie van inwoners is werkloos en ontvang ’n staatstoelaag of kwalifiseer as deernisgevalle?

• Word dié syfers in ag geneem wanneer besluite geneem word oor aansoe­ke vir die oprigting van huise/struk­- ture by die nasionale regering?

• Word die invloei van buitelanders in ag geneem tydens beplanning? Ek sluit nie die Chinese vlieëniers hierby in nie, want hulle lewer ’n ekonomiese bydrae tot ons dorp. Kyk hoe het die Weermagkamp en die Polisiekollege uitgebrei die afgelope dekade of meer.

• Word ons streek se skaarste aan water in berekening gebring?

• Wat is sedert die voltooiing van die Raubenheimerdam beplan om ons kosbare maar skaars waterbronne te be­skerm? Kan die talle werklose mense nie help om indringerplante doeltreffend te bekamp nie? Dit sal terselfdertyd die (toevallige?) ontstaan van veld­- brande beperk wat weer die besoedeling van ons damme deur modder, as en opdrifsels sal be­perk, met die bonus dat inwoners nie hoef te toi-toi oor ondrinkbare kraanwater nie.

Is daar navorsing/beplanning gedoen oor ’n moontlike perseel vir die bou van ’n addisionele opgaardam en, indien wel, waarom word ons as belas-­tingbetalers nie hieroor ingelig nie? Nou moet ons ons tuine, wat ’n aanwins vir die hele dorp is, laat verdor of teen hoë koste met aanrywater probeer red.

• Die belangrikste vraag: Indien die raad al ­dié dinge besef en/of navor­sing gedoen het, waarom word voortgegaan om werklose mense na Oudts­hoorn te lok met huisvesting sonder die moontlik­heid van ’n werk? Enige landbouer of fabriekeienaar sal vir jou sê dat hy/sy nie sal aanhou om te produseer indien daar nie ’n mark is vir sy produk nie.

• Ek besef die besluit om voortdu­rend huise te bou, lê by die nasionale re­gering, maar voel dit is plaaslike be­stuur se plig om plaaslike omstan­dig­hede oor te dra en verduidelik. Ons planeet het ’n beperkte “drakrag” wat in ag geneem word.

• Ek besef dit is ’n sensitiewe aangeleentheid, maar die regering sal moet aandag gee aan die huidige be­volkings­aanwas. Ons land (en planeet) sit op ’n tydbom! Dink asb aan ons nageslag.

• Net ingeval enige leser my as ’n ras­sis wil klassifiseer, ek is ’n realis en sal ter enige tyd met u in gesprek tree. Ek hoor daar is weer gerugte van ’n win­kelkompleks by die Calitzdorp/Mosselbaai-aansluiting wat ook ’n las op ons watervoorsiening gaan plaas. Ek pleit by almal: Dink asb! Wees voorbe­reid. Moenie dat ons met ons broek op die knieë gevang word nie.
– Pieter, Oudtshoorn
(Die brief is aan die munisipaliteit gestuur vir reaksie. – Redakteur)

Thanks, Councillor!

I wish to express my gratitude towards councillor Hendrik Ruiters of the DA for the assistance he has given me when I have literally reached the end of my tether. On 13 August last year a section of Bridgton (my area included) had a power outage. When the electricity was switched back on, both my television sets and decoder were broken.

When I got no joy from the municipality and councillors from other parties who I had asked for help, I approached councillor Ruiters in town during December, and he promised that he would assist me. I am not in his ward, and he could easily have referred me to my ward councillor. Instead, he made it his mission to give attention to the problem. When it seemed as if he encountered some obstacles, he just shoul­de­red on.

He kept me informed every step of the way, coming around to my house regularly to let me know what has been achieved on that particular day. His te­nacity paid off, and he managed to set up an appointment with the relevant officials to discuss my problem. He went above and beyond, showing me that he is one of the few councillors in this town who really cares about the people, and is in council for the right reasons.

I salute you, councillor Hendrik Rui­ters, for going that extra mile, showing that you are the ca-libre of councillor that every town should have. I would be proud to call you my ward councillor, and believe me, you deserve that salary, unlike some others.
– Cornelia Blauw, Oudtshoorn