Briewe

Bekommerd oor water wat loop na pypbars

Ek wil aansluit by Philip Goets se brief in verlede week se uitgawe van Die Hoorn oor die water wat so wegloop nadat ’n pyp gebars het.
Hoeveel honderde liters water loop weg tydens die sogenaamde bloei van die pype na lekkasies?
En die antwoord dat die Oudtshoorn Munisipaliteit nie ekstra vragmotors (water-“bunkers”) het om ten tye van die watervermorsing die water op te vang nie… daardie antwoord is onvoldoende.
Hulle kan ’n plan maak en moet dalk net hulp vra.
Ek is bekommerd oor ons dorp se infrastruktuur wat so tot niet gaan.
Wat kan ons doen..?
Goeie vraag…
– Jaco Steenberg, Oudtshoorn

Gaan so voort!

Te midde van kritiek ( meesal gegrond) teen die plaaslike munisipaliteit is dit nodig dat krediet gegee word waar krediet verdien word.
Ek het onlangs uitpasseer op die nuwe motorfietstoetsbaan van die munisipaliteit. Watter aangename veras-sing met ’n netjiese toetsbaan en vrien­- delike, professionele beamptes om te help waar nodig.
Ek sal graag wil sê: Gaan so voort!
– D Haasbroek, Oudtshoorn