Kom leer meer oor staptogte

DIE Klein Karoo Voetslaanklub (KKVK) hou op Vrydag, 3 April, om 18:00 ’n inligtingsaand by die Wesbank Tennisklub in Kerkstraat, Oudtshoorn, vir diegene wat in staptogte belangstel.

Die klub wil met die inligtingsaand belangstellendes – volwassenes asook hoërskoolleerders en hul ouers – inlig oor wat voetslaan/staptogte behels, wat ’n mens daarvoor benodig en hoe jy daarvoor beplan.

Toerusting wat stappers van die klub gewoonlik saamneem, sal beskikbaar wees vir besigtiging en inligting daaroor uitgeruil word.

Belangstellendes kan ’n rekenaar-geheue-stokkie saambring waarop bykomende inligting gelaai kan word.

Belangstellendes word versoek om Jackie Doman, KKVK-voorsitter, voor 1 April te laat weet as hulle die geleentheid gaan bywoon. Sy kan by 0835325557 gekontak word.