NG Kerk De Rust oorhandig skenking aan Eljada-Kairosskool

Ds Francois du Plooy van die NG Kerk De Rust oorhandig ’n skenking van R5140 aan die Eljada-Kairosskool op Oudtshoorn aan die skool se hoof, Hennie Baartman. Vyftien leerders van die skool het einde Februarie ’n diens by die kerk bygewoon waar Hennie meer van die skool vertel het. Die kerk se skenking sal aangewend word vir opvoedkundige speelgoed, skryfbehoeftes of enigiets anders wat die leerders benodig. Du Plooy sê die kerk wil graag ’n verskil in die plaaslike gemeenskap maak en sal graag wil sien dat ander kerke in die Klein Karoo ook betrokke raak. Foto Angelique Erasmus