VIR Hans Keller kan jy niks vertel van suiwel nie. Dié semi-afgetrede landboukundige (mikrobioloog), wat op Oudtshoorn woon, is ’n spesialis in die vervaardiging van suiwelprodukte asook die herstel van defekte van suiwelprodukte.
Hans, wat ook ’n gesoute landbouskrywer is, het ’n opwindende loopbaan gehad. Hy het in 1974 by die Landbounavorsingsraad (LNR) se suiwelafdeling in Irene, Gauteng, as ’n navorser begin werk.
In 1992 het hy die behoefde vir suiwelopleiding raakgesien en toe die Irene Dairy Education Centre (IDEC) begin. Die span opleiers was almal hoogsgekwalifiseerd. Kursusse wat aangebied is sluit in ’n kaaskursus, joghurtkursus, ‘n laboratoriumkursus en ’n kursus vir omgewingsgesondheidsamptenare.
Dit is in hierdie tyd wat die mark ’n groter verskeidenheid suiwelprodukte gesoek het.
Baie boere wat daaraan gedink het om waardetoevoeging tot hulle melk te bewerkstellig deur self nuwe suiwelprodukte te vervaardig, het die opleiding bygewoon. Baie klein fabrieke was ook aan die uitbrei en het van die IDEC se dienste gebruik gemaak.
Hans het in 2002 die LNR verlaat en as ’n konsultant vir Dairy Cheret (nou Dynamiko) begin werk. In 2005 het Hans saam met Barbie Pretorius die Grootplaas Cheese Academy begin, wat nou nog bestaan.
Hans het ’n wye belangsteling wat wissel van wetenskap en teologie tot musiek en tuinmaak.
Vir sy toegewydheid het die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Suiweltegnologie hom in 2019 bekroon met ’n toe- kenning vir Hoogstaande Diens aan die Suiwelbedryf.
Hy het ongelukkig in 2018 Guillian Barre-sindroom opgedoen. Hy is aan die herstel en hoewel hy nie meer so aktief kan deelneem nie, het hy intussen baie kliënte virtueel geleer. Hy help ook nog steeds fabrieke met hulle probleme.
Hans was ook ’n lid van die Noordelike Landbouskrywersvereniging en het verskeie artikels die lig laat sien.
• Hy het meer onlangs, in die lig van sy jarelange ondervinding, die volgende mening oor die effek wat petrolheffings op die industrie het gedeel:
“Petrol levies are killing the agricultural sector and manufacturing industries and are responsible for the high food prices in South Africa. The levies also affect all other businesses and should be investigated immediately before the South African Budget is presented.
The Road Accident Fund must be the richest entity in South Africa and must be investigated. We must remember that probably most of the fuel being used now is used primarily for the generation of electricity as Eskom cannot produce enough. The power generators used to supply the lack of electricity is nowhere near the road, but producers have to pay levies through the fuel they obtain to let them produce electricity.
Most of the farms and agri businesses are using an enormous amount of electricity and fuel to run their production machinery such as water pumps for irrigation, milking machines, tractors, harvesting machines and irrigation equipment. The list goes on.
With the cost of electricity it becomes more expensive to produce food. Now the unreliable electricity supply is an extra problem to be dealt with. The shortage of electricity has to be generated and with the fuel cost it is becoming very expensive. This problem can be relieved by taking away all the levies on fuel used for electricity generation and food production. I hope the decision makers have enough guts and wisdom to do so, or else the cost of food is going to skyrocket more.
This problem is so serious that the DA shadow minister of agriculture (Noko Masipa) has asked the minister of agriculture (Thoko Didiza) and Eskom to exempt the agriculture sector from loadshedding. So far nothing has come of that.”
Suiwel-spesialis en gesoute landbouskrywer deel sy kennis
Hans Keller. Foto verskaf