DIE De Rustica Olive Estate buite De Rust is die enigste olyfolie-vervaardiger wat vier goue medaljes by die 2019 SA Olyftoekkennings ontvang het.
Dit is die meeste goue medaljes wat aan een vervaardiger toegeken is.
93 Suid-Afrikaanse extra virgin-olyfolies (EVOO’s) is deur drie internasionale en vyf plaaslike olyfoliekenners geproe en beoordeel.
Die toekenningsgeleentheid was verlede week by Ex Nihilo in die Paarl.