’N VOLSTRUISPRODUSENT van Oudtshoorn, Laubscher Coetzee, is by Agri Wes-Kaap se 2020 Jaarkongres op 15 Oktober tot ondervoorsitter van Agri Wes-Kaap se Algemene Sakekamer verkies.
Die nuwe voorsitter is Liam Viljoen, ’n graan- en wynprodusent van Malmesbury.
Die nuwe president van Agri Wes-Kaap is Villiers Loubser, ’n graanprodusent by Durbanville, terwyl Heinie du Toit, ’n vrugteprodusent by Ceres in die Koue Bokkeveld, tot nuwe vise-president verkies is.