Andrew Jafta (naasregs) wat as 2018 Landbouwerker van die Jaar aangewys is by die Klein Karoo Prestige Landboutoekennings. By hom is van links Joey Potgieter, voorsitter van Agri Klein Karoo, Chris Schutte van Shoprite en Gertrude Jacobs van die Wes-Kaapse Departement van Landbou. Jafta is ook as die wenner in die kategorie Algemene Werker aangewys.

Die landbouwerkers wat by die Klein Karoo Prestige Landboutoekennings pryse ontvang het, is van links Chester de Laan van Kammanassie, wenner in die kategorie Trekkerdrywer, Dawid van Rooi van Vredelus, wenner in die kategorie Besproeiingspesialis, Gert Stuurman van De Rustica, wenner in die kategorie Tegniese Operateur, Anver Britz van Welbedacht Saag Jonker, wenner in die kategorie Diereproduksie, Elledine Visagie van OJH Boerdery, wenner in die kategorie Administratiewe Personeel, en Isak Basson van Welbedacht Joey Potgieter, wenner in die kategorie Landbouverwerking.

Die toppryse by vanjaar se Klein Karoo Prestige Landboutoekings is toegeken aan (van links) Isak Damons van De Rustica, wenner in die kategorie Junior Bestuur, Michael Arends van Kumquat Voerfabriek, wenner in die kategorie Middelbestuur, Jetro van Rooyen van Ezeljachtplaas, wenner in die kategorie Voorman, en Laetitia Booysen van Welbedacht Joey Potgieter, wenner in die kategorie Beste Potensiaal. Booysen was ook die wenner in die kategorie vir Sosiale Ontwikkeling. Die toekenningsgeselligheid het Vrydagaand by De Opstal in Schoemanshoek noord van Oudtshoorn plaasgevind. Foto’s: Schalk le Roux

Joop Steenkamp wat die toekenning vir die plaas met die meeste weninskrywings namens De Rustica ontvang het.
DIE landbouwerkers van die Klein Karoo het Vrydagaand, 24 Augustus, erkenning gekry tydens die Klein Karoo Prestige Landboutoekennings-aand wat by Die Opstal in Schoemanshoek plaasgevind het.
Die hoofprys van die aand, Landbouwerker van die jaar, is toegeken aan die jeugdige Andrew Jafta van die plaas Le Mirage. Jafta is ook as die wenner in die kategorie Algemene werker aangewys.
Nadat hy as Landbouwerker 2018 aangewys is, het ’n oorblufte Jafta gesê dit is baie onverwags. “Ek kan dit nie glo nie. Ek is nou baie op my senuwees,” het hy gesê. Jafta het daarna sy werkgewer en kollegas bedank. “Ek sal my bes doen om die vertroue wat in my gestel is te reg-verdig,” het hy gesê.
Die ander wenners is (kategorieë in hakies) is Chester de Laan (Trekkerdrywer); Dawid van Rooi (Besproeiingspesialis); Gert Stuurman (Tegniese Operateur), Anver Britz (Diereproduksie); Elledine Visagie (Administratiewe Personeel); Isak Basson (Landbouverwerking); Isak Damons (Junior Bestuur); Michael Arends (Middelbestuur); Jetro van Rooyen (Voorman); en
Laetitia Booysen (Beste Potensiaal en Sosiale Ontwikkeling).
Joop Steenkamp van De Rustica het ’n spesiale toekenning ontvang vir die plaas met die meeste weninskrywings.
Al die wenners dring deur na die Wes-Kaapse Prestige Landboutoe-kennings waar hulle teen al die Wes-Kaapse landbouwerkers te staan kom.