• SA Jongwynskou: 17 wyne wen Suid-Afrikaanse kampioentrofees

De Krans se wynmaker, Louis van der Riet. Foto verskaf
DE KRANS WYNKELDER is Saterdag by die galadinee van die SA Jongwynskou aangewys as die wenner van die Suid-Afrikaanse Kampioen Porttrofee (Vintage).
Die skitterwyne van die 2018-oesjaar is tydens die glansryke galadinee wat deur Agri-Expo aangebied is, in die Stellenbosse Stadsaal bekend gemaak.
Dit was die 186ste keer dat die Jongwynskou, die oudste van sy soort ter wêreld, aangebied is.
Uit die 1 680 ingeskrewe wyne, het 17 wyne Suid-Afrikaanse kampioen-trofees losgeslaan.
Die voorsitter van die Jongwynskou, Christo Pienaar, het gesê dat die gehalte van die beoordeelde jongwyne van uitnemende gehalte was; ondanks ’n moeilike jaar weens die droogte in die Wes-Kaap.
Pienaar was ook beïndruk dat die wenners van die Suid-Afrikaanse kampioenwyne van regoor die land se wynproduserende gebiede gekom het.