KKSP beleef beste omset nog ondanks moeilike jaar

David Malan, besturende direkteur van Klein Karoo Saadproduksie, aan die woord.

Klein Karoo Saadproduksie (KKSP) het verlede Woensdag tydens ’n gala-aand by Surval buite Oudtshoorn aan sy saadprodusente erkenning gegee vir uitnemendheid. Die presteerders is voor van links Juan van Wyk, Ernst Marais, Louis Zaayman, David Malan, besturende direkteur van KKSP, Johannes Delport, voorsitter van die KKSP-direksie, Pieter Burger, produksiebestuurder, Loutjie Hanekom en Francois van der Merwe, en agter van links Amie Snyman, Christoffel Spies, Pieter Terblanche, Jacobus Fourie, Schoeman Laubscher, Jurie Klue, Louis Jonck, Leon Theunissen, Eduard en Bertus Goussard en Robert Brown.

Die naaswenners is voor van links André Rabie, Johan Kriel, Louis Zaayman, David Malan, besturende direkteur van KKSP, Johannes Delport, voorsitter van die KKSP-direksie, Pieter Burger, produksiebestuurder, Christo Hough en Japie de Bruin, en agter van links Lefeber Slabbert, Jan-Jurie Schoeman, Bernard Delport, Niel en Ockie van der Westhuizen, Riaan Fourie, Louis Kriel, Hannes van Niekerk en Derec Giles.

Ere toekennings is gedoen aan (van links) Marius en Janine Langenhoven, Kwekery van die Jaar, Arno van der Merwe, Bolkweker van die Jaar, en Izak Hanekom, uitnemende gehalte in bolproduksie.

Oud-Oakdalers wat by die landbou betrokke is, saam met Oakdale se skoolhoof Willem du Buisson.

ONDANKS moeilike bedryfsomstandighede het Klein Karoo Saadproduksie (KKSP) ’n stewige groei in omset getoon, het David Malan, bestu-rende direkteur van KKSP, verlede Woensdag gesê tydens ’n spogonthaal by Surval buite Oudtshoorn om erkenning te gee aan saadprodusente vir hul uitsonderlike prestasies die afgelope jaar.

Absa het as hoofborg aan die toppresteerder in elke kategorie ’n kontantprys van R3000 geskenk, en aan die naaswenners R2000.

Malan het saadprodusente bedank vir hul bydrae tot KKSP se groei in omset tot R474000000 vir 2022, R19000000 meer as die vorige jaar, ondanks bestuiwingsprobleme.

“Dit was steeds ’n goeie lenteui- en wortelproduksiejaar. Daar was ook ’n goeie bydrae van ons Agrofors-produkte soos kunsmis, weidingsaad en chemie, waarvan daar meer verkoop is. Hierdie is wel laer marge produkte, omdat KKSP dit so bekostigbaar as moontlik wil hou vir produsente en ook om te keer dat insetkoste vinnig styg.”

Malan het gesê landbou het ’n wetenskap geword en raak al hoe meer kompleks. “Dat boere soos sakemense begin dink, is noodsaaklik vir vooruitgang in die toekoms.”

Ten opsige van die bestuiwingsprobleme wat die saadbedryf belewe, het Malan gesê dit is die tweede keer in 28 jaar dat die probleem so groot was. Om die probleem proaktief aan te spreek, is dr Ezette du Rand van die Universiteit van Pretoria getaak om ’n driejaarlange navorsingsprojek te onderneem om te verseker dat goeie bestuiwing elke jaar behaal kan word.

Volgens Malan is ’n nuwe sakevennoot, Wauko, vanjaar betrek om ’n program te ontwikkel om wisselkoersrisiko te verminder. Dit is reeds op sakevlak geïmplementeer en KKSP is baie tevrede met die resultate tot dusver.

Omdat isolasie ’n groter uitdaging raak, is KKSP besig om te kyk na alternatiewe gewasse waarmee produksies in die isolasie-gebiede tussen alliumproduksies gedoen kan word. Meeste alternatiewe wat beskikbaar is, is egter nie so aantreklik soos uie nie, maar baie ontwikkelingswerk word steeds gedoen om sulke alternatiewe gewasse te vind. “Ons moet saadproduksie so aantreklik as moontlik maak vir ons kliënte, sodat dit steeds vir hulle die moeite werd is om kontrakte by ons te plaas,” het Malan bygevoeg.

Daar is reeds ’n prysverhoging van 8 tot 15% na produsente deurgegee vir volgende jaar. KKSP is reeds besig met ’n proses om markpryse vir 2024 en 2025 te onderhandel en met nuwe prysstrukture ’n balans te vind tussen die mark en produsent.

Malan behoort aan die internasionale Seed Production Expert Group van die ISF, met Michael Keller as president. Een van die oogmerke van die Expert Group is om saam te werk om ’n model te ontwikkel waarmee die toenemende risiko van saadproduksie en -kwaliteit meer eweredig deur die waardeketting versprei kan word.

KKPS dra tans meer as 50% by tot die totale saadproduksie van Suid-Afrika. Boluie dra 65% by tot die omset, wortels 35%, lenteuie 50% en preie 50%, het Malan gesê.

Die direksie van KKSP het vanjaar aanvullende uitbetalings van R20miljoen gedoen. Hoewel dit R10miljoen minder as die vorige jaar is, is dit steeds die tweede hoogste bedrag tot op hede.

KKSP is ook trots daarop om plaaslike sport­klubs te borg, soos die KKSP Pumasrugbyklub sedert 2013, wat sedertdien sewe keer die liga gewen het. KKSP is ook betrokke by SWD Skolerugby en borg die o.16 Grant Khomospan, o.17 sewesrugbyspan, o.18 Cravenweekspan en die 1ste netbalspan van Langenhoven Gimnasium.

KKSP is ook ’n borg van die Hoër Landbou-skool Oakdale se 1ste rugbyspan en toutrekspan, en ondersteun ook Oakdale-leerders uit voorheen- benadeelde gemeenskappe.

Tino Singe, ’n oud-leerder van Oakdale studeer tans by Elsenburg Landbou Kollege en is een van die studente wat deur KKSP ondersteun word. “My droom is dat Tino in die toekoms as produksie-aviseur by ons span sal aansluit, maar sy sang-loopbaan is besig om nou so te ontwikkel. Maar watter kant toe, ons ondersteun hom,” lag Malan.

Dr Henning Gericke, bekende in die sport-kringe tydens sy toespraak.

Klein Karoo is die inspirasie

DIE woord Klein Karoo is deur dr Henning Ge-ricke, gasspreker, gebruik om gaste te inspireer tydens sy toespraak Woensdagaand.

Volgens Henning staan die woord Klein Karoo, vir die volgende:
K – Kolossale droom; L – Leierskap en lokaliteit; E – Ekstra, gaan die ekstra myl; I – Innoverend; N – Never give up; K – Kommunikeer beter; A – Attitude, die regte gesindheid; R – Realiteite; O – Opgewonde oor wat ons doen; en O – Onse Vader.

Henning is ’n voormalige topmiddelafstand-atleet en bekende sportsielkundige en motiveerder. Hy het al met die Springbok-rugbyspan en Protea Krieketspan.

Hy is egter nie net by sportlui betrokke nie, maar lewer motiveringsdienste in die sakewêreld.

Gericke het reeds ses boeke oor motivering en prestasie gepubliseer.

Ruhan du Toit het vir die aand se vermaak gesorg, en onder meer ou FAK- liedjies gesing wat gaste baie geniet het.

Die spoggeleentheid het by Surval, net buite Oudtshoorn plaasgevind

Hier is Klein Karoo Saadproduksie se pryswennsers!

DIE top saadprodusente van Klein Karoo Saadproduksie is:
F -1 GEEL UIE (KLEIN PRODUKSIE):
Naaswenner: Riaan Fourie Boerdery (PTY) Ltd, Riaan Fourie van Fraserburg
Wenner: Mackenzie Ice Investments 108 CC, Juan van Wyk van Touwsrivier
F-1 GEEL UIE (GROOT PRODUKSIE):
Naaswenner: Drilrivier (PTY) Ltd, Japie de Bruin van Clanwilliam
Wenner: Robert Brown van Touwsrivier
OP GEEL UIE (KLEIN PRODUKSIE):
Naaswenner: Christo Hough van Ceres Karoo
Wenner: Theunissen Trust, Leon Theunissen van Ceres Karoo
OP GEEL UIE (GROOT PRODUKSIE):
Naaswenner: Vanniek Boerdery BK, Hannes van Niekerk van Calitzdorp
Wenner: Fanie Zaayman Boerdery, Louis Zaayman van Calitzdorp
F-1 WIT UIE:
Naaswenner: Danie Conradie Trust, Lefeber Slabbert van Laingsburg
Wenner: Tankwa Agri (PTY) Ltd, Francois van der Merwe van Ceres Karoo
OP WIT UIE:
Naaswenner: Gert & Marita Joubert van Upington
Wenner: Cerdos Boerdery, Bertus & Eduard Goussard van Upington
F-1 ROOI UIE:
Naaswenner: JH Kriel Boerdery BK, Johan Kriel van Laingsburg
Wenner: Ernst Marais van Laingsburg
OP LENTEUIE:
Naaswenner: Excelsior Winery (PTY) Ltd, Jan-Jurie Schoeman van De Rust
Naaswenner: Delport Broers Boerdery BK, Frans, Johannes en Bernard Delport van De Rust
Wenner: PJ Terblanche & Seuns BK, Kobus en Pieter Terblanche en Schoeman Laubscher van De Rust
F-1 LENTEUIE:
Naaswenner: Willoucon CC, Louis Kriel van Ladismith
Wenner: Arbeidslus Boerdery (PTY) Ltd, Christoffel Spies van Schoemanshoek
F-1 WORTELS:
Naaswenner: Rooiriver Boerdery Edms Bpk, Niel & Ockie van der Westhuizen van De Rust
Wenner: Avondrust Boerdery BK, Jurie Klue van Klaarstroom
OP WORTELS:
Wenner: Amie Snyman van De Rust
NEW BUNCHING:
Naaswenner: Derec Giles van Uniondale
Wenner: Louis Jonck van Oudtshoorn
PREIE:
Naaswenner: Fanie Zaayman Boerdery, Louis Zaayman van Calitzdorp
Wenner: Welgemeen Boerdery (PTY) Ltd, Loutjie Hanekom van Clanwilliam
CHINESE PREIE:
Wenner: Jacobus Fourie van Laingsburg
SLAAI:
Wenner: André Rabie van Nuyvallei
NUWE TOETREDER VAN DIE JAAR:
Theunissen Trust, Leon Theunissen van Ceres Karoo
OPKOMENDE LANDBOU BESIGHEID VAN DIE JAAR:
Gauls Boerdery, Gauls Arnoldus van Calitzdorp
KWEKERY VAN DIE JAAR:
Radical Seedlings CC, Marius en Janine Langenhoven van Stellenbosch
BOLKWEKER VAN DIE JAAR:
Knapdaar Agri (PTY) Ltd, Arno van der Merwe van Piketberg
ERE TOEKENNING:
Welgemeen Boerdery (PTY) Ltd, Izak Hanekom van Ceres

Klein Karoo Saadproduksie hou Saad-Safari: Vrae laat deelnemers kop krap, maar was pret vir oud en jonk!

Die wenners van die Saad-Safari, het elkeen 18 uit 24 vrae reggehad, en moes uitspeel vir pryse, waaronder ’n verkyker op die spel was.

Bo: Deelnemers aan die Saad-Safari. Elkeen het as ’n individu deelgeneem, en moes ook op een punt twee teikens raakskiet vir punte.

1ste Saad-Safari in 3 jaar

PRODUSENTE is tydens Klein Karoo Saadproduksie se dagprogram op Besemkop, Calitzdorp heerlik bederf.

Met hul aankoms was daar koffie, en ’n verskeidenheid eetgoed soos muffins en beskuit aangebied.

Daarna is die safarigangers in vier spanne van 25 opgedeel wat in groepe vertrek het vir die Saad-Safari. Tydens die safari het elkeen as individu deelgeneem.
As deel van die roete is daar stilgehou by verskillende uie- en wortelande, pompe en ook ’n pragtige uitkykpunt.

By een van die stoppe het deelnemers ook ’n wynproe-sessie gehad en moes raai watter een uit 3 wyne ’n spesifieke een was.

Daarna moes deelnemers goed korrel en twee teikens raakskiet vir nog twee punte.

Ná die safari is deelnemers terug na Besemkop om die laaste vrae binne die skuur te antwoord.

Binne die nuutgeboude skuur was daar verskeie uitstallings van die afdelings van KKSP te sien.

Agt deelnemers wat elk 18 uit 24 vrae reg beantwoord het, moes uitspeel vir die eerste tot agtste prys.

Daar was ook gelukkige trekkings met lekker pryse.

Jan Braai het boonop ’n draai gemaak en van sy nuwe reeks boere- en kaaswors wat op die rakke beskikbaar is ten toongestel vir belangstellendes om te proe.

Teen die middag was daar heerlike hotdogs en selfs ’n doughnut in KKSP se kleure versier vir nagereg.

Die Saad-Safari kon weens Covid-19 drie jaar lank nie aangebied word nie.

Bo: Jan Braai (regs) saam met een van KKSP se Japannese kliënte Tukuya Oiwa, wat ook saam kom kuier het.

Bo: Tino Singe het gesorg vir heerlike vermaak tydens die dagprogram.

Uitstallings van KKSP se verskillende afdelings was ook te sien tydens die dag. Van die Saad -Safarivrae is hier gevra.