Kan ’n dam meer as 100% vol wees?

Foto: Angelique Erasmus

Na aanleiding van ’n Facebook-plasing waarin ’n gebruiker gesê het dat hy nie kan verstaan dat ’n dam meer as 100% vol kan wees nie, het Die Hoorn gaan kers opsteek by die manne wat weet.

’n Dam word ontwerp/gebou om ’n sekere volume water te stoor vir watter rede ookal. Damme word in die algemeen so ontwerp dat dit ekstra water kan hanteer indien daar ’n groot invloei van water is. Dit is alles word gedoen om te verseker dat die damwal nie breek indien daar te veel water invloei nie.

’n Dam is 100% vol wanneer die water gelyk lê by die oorloop. Loop die water oor die keerwal, dan is daar meer water in die dam as sy normale 100%.

Daar is komplekse berekeninge as dit kom by die berekening van damvolumes ens. By die ontwerpfase word al hierdie berekeninge gedoen en daarvolgens kan bepaal word hoe vol ’n dam is.

Damwalle van groot damme word gemoniteer deur instrumente binne die damwal en gereelde inspeksies om te verseker dat die damwal se integriteit behoue bly. Daar word ook vloeimeters in die damme se opvangsriviere/toelope gemoniteer sodat daar vooraf waarskuwing is as daar ’n groot klomp water oppad is dam toe.

Dit is alles om te verseker dat damme nie beskadig word nie. Somtyds word sluise voor die tyd al oopgemaak om vir die nuwe invloei plek te maak. (Deur Heinrich Bosman)