Bo: Dis granaattyd in die Klein Karoo en op verskeie plase in die omgewing word daar fluks ge-oes. Sowat 400 ton granate van hier word in die volgende paar weke by Karoo Pak se pakhuis op Celebratio, net buite Calitzdorp vir die uitvoermark gepak. Met die nuwe aanplan-tings sal die Klein-Karoo oor drie jaar die grootste produseerder van Wonderful-granate in die land wees. Mense is welkom om die pakstoor op afpsraak gedurende oestyd te besoek. Vir meer inligting skakel Marita Meyer by 082 335 6059. Foto verskaf