Skilderprojek vir Mandeladag

Francis Ntjanyana (17) by sy pragtige skildery. Foto: Angelique Erasmus

Francis Ntjanyana (17) by sy pragtige skildery. Foto: Angelique Erasmus

DEUR Angelique Erasmus
AGT leerders van Fezekile Sekondêre Skool kon  onlangs deel in ’n skilderprojek van die Suff Akademie en die Wes-Kaapse Departement van Kukltuursake. Die projek het hulle die geleentheid gebied om kunswerke (akriel op doek) te skep met die oog op Mandeladag.

Die projek het deel uitgemaak van ’n After School Care Change Program wat by die Oudts­hoorn Youth Centre aangebied is.
Die skilderye is op ’n uitstalling vertoon waar almal dit eens was dat die gehalte van die skiulderye merkwaardig was. Die skilderye sal in die toekoms in verskillende skole uitgestal word.