Gewilde kunsuitstalling en veiling is terug!
CALITZDORP se jaarlikse kunsuitstalling op die dorp se stasieterrein, Art on Track, vind vanjaar vanaf 3 tot 11 Augustus plaas. Die laaste deel van dié kunsweek val dus saam met vanjaar se Klein Karoo Klassique op Oudtshoorn.
Die jaarlikse Art on Track, wat in 2013 die eerste keer aangebied is, bied ’n uitstalgeleentheid vir kunstenaars van die streek en het oor die jare gegroei tot ’n baie suksesvolle geleentheid met sowat R125 000 se werke wat in 2017 verkoop is. ’n Wye verskeidenheid werke sal te sien wees – skilderye, beeldhouwerke en keramiekwerk.
Die opening van vanjaar se Art on Track is op Vrydag, 3 Augustus, om 17:00. Die uitstalling is daarna daagliks oop tussen 10:00 en 16:00. Dit word op Saterdagaand, 11 Augustus, afgesluit met ’n veiling van die kunswerke.
• Behalwe vir kunswerke wat tydens die week uitgestal word, kan kunstenaars ook deelneem aan ’n kunskompetisie met ’n kontantprys van R20 000 vir die wenner. Vanjaar se tema is “Water” en kunswerke hiervoor moet die Calitzdorp Toerismekantoor voor of op 22 Julie bereik.
Die kunswerke wat vir die kompetisie ingeskryf word, word deur die publiek beoordeel onder die toesig van ’n paneel beoordelaars.
• Navrae oor die uitstalling en kompetisie kan gerig word aan Sandy Chaitowitz (e-pos: sandy.chaitowitz@gmail.com) of Erina Meiring (Calitzdorp Tourisme, tel 044 213 3775, e-pos: tourism@calitzdorp.org.za).