Uit Klein Karoo vir Popcru-optog

Daar was ook deelnemers uit die Klein Karoo aan verlede Vrydag (13 Julie) se nasionale ptotesoptog van die Police and Civil Rights Union (Popcru) in Pretoria. Hier voor stap Johan Muller van Korrektiewe Dienste in Ladismith. Volgens ’n memorandum van Popcru wat Beauty Stoffel, ondervoorsitter van Popcru Wes-Kaap, aan Die Hoorn beskikbaar gestel het, vra Popcru se nasionale protes­veldtog onder meer promosies vir alle lede met 10 jaar of meer diens, “een polisiediens met een polisiebeleid”, herstrukturering binne die polisie, die beëindiging van kwessies soos personeeltekorte en oorbevolkte gevangenisse, en die beëindiging van die uitkontraktering van dienste.                Foto verskaf