Die Klein Karoo se koskonings

Smulpaaptoekennings 2017

Smulpaaptoekennings 2017

Niekie Eksteen (links) en Soan Jacobs (regs) van die Village Trading Post in De Rust, wat aangewys is as die eerste wenner van die Klein Karoo Wine Route Wynlys van die Jaar. By hulle is van links Anne Hadley van die Smulpaaptoekennings en Ellen Erasmus van die Klein Karoo Wine Route. Die Village Trading Post het soos elke vorige jaar ook ’n Smulpaaptoekenning ontvang. Foto’s: Schalk le Roux

Niekie Eksteen (links) en Soan Jacobs (regs) van die Village Trading Post in De Rust, wat aangewys is as die eerste wenner van die Klein Karoo Wine Route Wynlys van die Jaar. By hulle is van links Anne Hadley van die Smulpaaptoekennings en Ellen Marais van die Klein Karoo Wine Route. Die Village Trading Post het soos elke vorige jaar ook ’n Smulpaaptoekenning ontvang. Foto’s: Schalk le Roux

Bo: Francois Ferreira (links) en Anne Hadley, aanbieders van die Klein Karoo Smulpaaptoekennings, by Niel Els, mede-eienaar van die Turnberry Boutique Hotel, wat bekroon is vir vir die rol wat hulle speel om kostoerisme en die cuisine van die Klein Karoo te bevorder. Heel bo: Francois Ferreira aan die woord tydens die Smulpaaptoekenningsfunksie wat in die Village Tra­ding Post op De Rust gehou is.

Bo: Francois Ferreira (links) en Anne Hadley, aanbieders van die Klein Karoo Smulpaaptoekennings, by Niel Els, mede-eienaar van die Turnberry Boutique Hotel, wat bekroon is vir vir die rol wat hulle speel om kostoerisme en die cuisine van die Klein Karoo te bevorder.  Heel bo: Francois Ferreira aan die woord tydens die Smulpaaptoekenningsfunksie wat in die Village Tra­ding Post op De Rust gehou is.

Deur Liesel le Roux
DRIE EN TWINTIG eetplekke uit die Klein Ka­roo is Vrydag bekroon as wenners van die 2017 Klein Karoo Gourmand Awards / Smulpaaptoe­kennings by ’n funksie wat by die Village Tra­ding Post in De Rust gehou is.

Die top-23 kom uit De Rust, Oudts­hoorn, Ca­litzdorp, Barrydale en Montagu.
Drie van die bekroonde eetplekke – The Village Trading Post in De Rust asook Bello Cibo en Café Brulé in Oudtshoorn – het dit vyf in ’n ry gemaak deurdat hulle nog elke jaar met ’n toekenning bekroon is.

The Village Trading Post het ook die eer behaal om bekroon te word as die wenner van die Klein Karoo Wine Route Wynlys van die Jaar. Dit is die eerste jaar dat dié toekenning gemaak word.

’n Spesiale toekenning is ook vanjaar gemaak aan die Turnberry Boutique Hotel vir die rol wat hulle speel om kostoerisme en die cuisine van die Klein Karoo onder internasionale en Suid-Afrikaanse gaste te bevorder.

Die Smulpaaptoekennings is in 2012 deur die glanskok Francois Ferreira en koskenner Ann Hadley geïnisieer.

Eetplekke tussen De Rust en Montagu is in vier afdelings beoordeel, naamlik plaasstal-eetplekke, hotel-restaurante, informele eetplekke en restaurante. Vier eetplekke is ook in die nuwe afdeling “bubbling under” aangewys as eetplekke om dop te hou.

Ferreira het by die toekenningsgeleentheid gesê eetplekke is verskeie kere in 2017 tot vroeg in 2018 deur anonieme eters besoek. Tydens die be­oor­deling is onder meer aandag geskenk aan die volgehoue goeie kwaliteit van kos, die spyskaart en wynlys, die atmosfeer en diens.

Die wenners was:
Plaasstal-eetplekke: Karusa (Oudts­hoorn), De Krans Bistro en Bella de Karoo (Calitzdorp), The Country Pumpkin en Alfresco Deli (Barrydale) en Die Kloof Padstal (Montagu).
Hotel-restaurante: Buffelsdrift en Su Casa @ Surval (Oudtshoorn) asook Mimosa Lodge en Montagu Country Hotel (Montagu).
Informele eetplekke: Village Trading Post (De Rust), Café Brûlé (Oudtshoorn), Signature Divine (Oudtshoorn), Cango Caves Estate (Oudtshoorn), Rose of the Karoo (Calitzdorp), Diesel & Creme (Barrydale) en Rambling Rose (Montagu)
Restaurante: Bello Cibo (Oudts­hoorn), Giovanni’s Italian Country Kitchen en Zamani Grill (Calitzdorp) asook Kokkemans Kitchen en 22 Church Street Restaurant (Montagu).
Bubbling under: Casa del Sole en De Kombuys (Oudtshoorn), Stoepsit @ Boplaas (Calitzdorp) en The Cellar Restaurant (Barrydale).

• Eetplekke wat in 2017 tydelik gesluit was as gevolg van bou- of opgraderingswerk, of waar die spys­kaart of chef tydens die beoor­­de­- lingsjaar verander het, het nie vir 2017 se Smulpaaptoekennings in aanmerking gekom nie, en sal weer in 2018 beoordeel word.
• Die Hoorn is die mediavennoot van die Smulpaaptoekennings.