Sewe topverkopers van Kunstefees

Deur Liesel le Roux
ERNSTIGE toneelstukke, toneel wat die gehoor laat skaterlag het en verskeie musiekvertonings was vanjaar onder die topverkopers by die KKNK.

KKNK-gehore was nog nooit bang om sale vol te sit vir toneel nie, en bywoningsyfers vanjaar toon dit. Onder die topverkopers tel die drie-uur­lange Koningin Lear, asook stukke soos Bloed en Bodem,

Katvoet, My seuns en ligter werke, met stof tot nadenke soos Non met vakansie en Donkie terwyl 3 Susters, Die voordele van eierwit en My oom se vrou se plekkie die lagtrane laat loop het. Ook die familieproduksie Jakkals en Wolf Onbe­perk was gewild. Musiekvertonings onder die top­verkopers was Drie van die bestes – 21 jaar later, Jo Black – Die storie agter die storie, Oud & Nuut in die Outeniqua, Karen Zoid Unplugged, en Loki Rothman & Demi Lee: Akoesties in die Karoo.