Lag dat die trane loop met Wicus en Dolla

KKNK 2018 – 10 dubbelkaartjies vir Die Hoorn se lesers te wen!

Wicus van der Merwe en Dowwe Dolla (Margit Meyer-Rödenbeck) gaan vanjaar die lagtrane laat rol by die KKNK.                                        Foto verskaf

Wicus van der Merwe en Dowwe Dolla (Margit Meyer-Rödenbeck) gaan vanjaar die lagtrane laat rol by die KKNK. Foto verskaf

IS jy moeg vir jou man se lang gesig wat lyk soos ’n bok wat afdraend kyk? Lyk jou vrou al meer soos haar paspoortfoto? Dan is dit tyd om ’n kaartjie vir hulle te koop na hierdie showtjie.

So lui die persverklaring oor die skreeusnaakse vertoning Dowwe Wicus en Dolla van der Merwe wat tydens die KKNK op die planke gaan wees met die bekende Wicus van der Merwe en Margit Meyer-Rödenbeck wat kragte saamsnoer.

En die waarskuwing oor die vertoning is: Wees gewaarsku: Jy moet lag dat die trane rol, anders spuit ons jou met Doom!
Tien lesers kan vandeesweek elkeen dubbel­kaartjies (dus twee kaartjies) na dié vertoning wen deur ’n vraag te beant­woord.

Daar is vyf dubbelkaartjies vir Donderdag 29 Maart om 14:00 en vyf vir Vrydag 30 Maart om 18:00 beskikbaar.

Om een van dié dubbelkaartjies te wen, moet jy die volgende doen:
1. Sms of whatsapp die antwoord na 073 217 7089 of gooi jou antwoord in die houer by PostNet in die Queen’s Mall in Oudtshoorn.
2. Beantwoord die vraag: Wat is die naam van die vertoning waarvoor kaart­jies vandeesweek in Die Hoorn te wen is?
2. Skryf jou naam, van en kontaknommer neer.

Belangrik: Elke leser mag net een inskrywing vir die kompetisie stuur.

Die kompetisie sluit Maandag, 12 Maart, om 10:00.

Die name van die wenners sal na slui­ting uit al die korrekte antwoorde getrek word.
Hul name sal volgende week in Die Hoorn gepubliseer word.

• Dowwe Wicus en Dolla van der Merwe is tydens die fees te sien in die saal van die Hoërskool Oudtshoorn op die volgende tye: 29 Maart: 14:00; 30 Maart: 18:00; 31 Maart 09:30; 1 April: 14:00.
Kaartjies by Shoprite/Checkers en Computicket.