Kom gesels Dinsdag saam oor KKNK 2020

DIE KKNK-span nooi Oudts­hoor­niete uit om volgende Dinsdagaand (22 Oktober) van 18:00 tot 19:30 saam te kom gesels oor KKNK 2020!

Inwoners van Oudtshoorn sal Dins­dagaand ook die geleentheid kry om Kunste Onbeperk se nuwe kommunikasie- en bemarkingsbestuurder, Jenna Leigh Bilong, en nuwe kantoorbestuurder, Lizané Basson, te ontmoet.

Die gesprek sal in die Klein Karoo Ostrich Emporium in Rademeyerstraat plaasvind.

Oudtshoorniete, kom deel jul krea­tiewe idees vir volgende jaar met die KKNK-span en vertel hoe jy glo fees­gangers wil kom fees hou in jou dorp! Inwoners word versoek om te laat weet as hulle die geleentheid gaan bywoon. RSVP: Daleen Witbooi by rel 044 203 8600 of e-pos na info@ kunste.org.za voor Maandag 21 Oktober om 15:00.