Deur Angelique Erasmus
BEURTKRAG Fase 2 wat gister (Woensdag) kort na 08:00 deur Eskom afgekondig is, het Suid-Afrikaners onkant gevang, en ook op Oudtshoorn moes daar dringend planne gemaak word om besighede aan die gang te hou en seker te maak voorafgereelde funksies kan steeds tydens die skielike beurtkrag plaasvind.
Volgens ’n mediaverklaring op Eskom se webblad word kragvoorsiening gekniehalter deur onder meer beperkte kragopwekkingskapasiteit en ’n tekort aan diesel.
Hou gerus Eskom se webblad, die Oudtshoorn Munisipaliteit se Facebook-blad (vir Oudtshoorniete) en ’n app soos Eskom se Push dop vir moontlike beurtkrag oor die volgende dae op jou dorp of in jou gebied.
Hier is die skedule vir moontlike beurtkrag die volgende dae.
