Inwoners van Groter Oudtshoorn woon kortdagkursusse by tydens KKNK

25 inwoners van die Groter Oudtshoorn het tydens die KKNK twee driedag-kortkursusse bygewoon wat aangebied is deur die ATKV en die Instituut vir Kunste­be­stuur en Ont­wikke­ling van die Noordwes-Universiteit (Ar­téma) in sa­mewer­- king met die KKNK. 14 inwoners het ’n entrepreneur­skap in kunste-kursus en 11 ’n inleiding tot projekbestuur in die kunste-kursus bygewoon, aan­gebied in die Toe­komsrus Ge­meenskapsaal. Die oorhandiging van bywoningsertifikate is bygewoon deur Hu­go Theart (artistieke direkteur Kunste Onbeperk), Chrispin Sonn (voorsitter Kuns­­te Onbeperk) en Chris de Bruyn (bestuurder Artéma). Foto’s Angelique Erasmus