Brigade-orkes vier 16 jaar by KKNK

Die brigade-orkes van die Bridgton Evangelies Lutherse Kerk op Oudtshoorn wat vanjaar die 16de jaar agtereenvolgens by die KKNK opgetree het. Die orkesleier, kapt David Jullius, sê hulle is groot dank verskuldig aan die KKNK, vir die geleentheid om die kinders gedurende die fees aktief besig te hou. “Dit bied enorme blootstelling en spoor ander jongmense aan om by die brigade aan te sluit,” sê hy. Foto: Garnett Wicomb