DONDERDAG 2 MAART
Klub 60: Internasionale gebeure word bespreek. 10:00. Oudtshoorn Aftreeoord, Kerkstraat. Navrae: William Gould: 044 279 1515 / 072 495 0056.
VRYDAG 3 MAART
NG Kerk Oudtshoorn-Suid Dankfeesbasaar om 17:30. Etekaartjies beskikbaar teen R60. Kontak Mariana Bekker by 044 279 1900
SATERDAG 4 MAART
• Snoekbraai ten bate van Oudtshoorn Volunteers vir Diere. Opbrengs vir diere-sterilisasie van minderbevoorregte diere-eienaars. Jan van Riebeeckweg 225B (kyk uit vir ballonne). 12:00 – 14:00. R50. Navrae: Lee-Ann van Sittert (083 334 0172) of Elmarie Swiegers (082 498 0177).
• Vriende van die Calitzdorp Museum reël ’n uitstappie met ’n trekker en waens na twee plase – Rosevilla, wenner van die 2016-wingerdblokkompetisie, en De Krans, ’n wynplaas met ’n portproe ingesluit asook na Ebenhart – Calitzdorp se bekende pypmaker. Die besoek aan die granaatplaas vind ongelukkig nie meer plaas nie. R50 (lede) of R60 (nie-lede). Betaal voor vertrek (09:00 vir 09:15) vanaf Klein Karoo Agri oorkant De Krans. Middagete beskikbaar by De Krans Bistro teen R75 (besprekings noodsaaklik). Bespreek voor/op 1 Maart: Jutta (072 221 7171).
• Vars vrugte en groentemark elke Saterdag om 09:00 by Almond Acres Calitzdorp. Bring jou eie mandjie; niks is verpak nie. Streng kontant. Vanaf Roete 62, neem die Withoekdraai, 2de gebou vanaf regs, Almond Acres 1513. Vir bestellings kontak 082 464 3379.
• Pink Karoo Choo-Choo Partytjie by Calitzdorp Stasie. Dress to impress – pryse vir die beste uitrusting. Kontak john.cornelius1@gmail.com of by calitzdorpstation@telkomsa.net
VRYDAG 10 MAART
NG Moedergemeente-basaar. 18:00. Etekaartjies R60. Kontak Annelet Nortier: 044 272 3130 (vm).
VRYDAG 17 MAART
Burgemeestersmaskerbal. 18:30 vir 19:00. Banketsaal. Driegangete. Kontantkroeg. Drag formeel. Masker word voorsien. Fondse vir kinder- en jeugsentrums, mishandelde vroue, ens. R150 per persoon en R2 000 per tafel. Kaartjies: Lavern Biljohn (044 203 3015/3000).