Events Calendar

Tot 25 Februarie
Pluk hanepootdruiwe by De Krans teen R7,50 per kg. Navrae: Bessie Swanepoel (044 213 tot 23 Februarie
Pluk hanepoot-, pitlose regal- en rooi Dan Ben Hanna-druiwe by Boplaas teen R7,50 per kg. Navrae: Annarie Cornelius (044 213 3326).

Donderdag 15 Februarie
Suid-Kaap SAW Veterane-ete om 10:00 vir 10:30 by die Admirals Retaurant (binne Garden Route Casino-kompleks, Mosselbaai). R95 pp, kontant­kroeg (kurkfooi R25 per 750 ml). RSVP: Hein Boshoff teen Maandag 5 Februarie en bespreek by 082 566 3510 of ops@trebla.co.za. Navrae: Jaco Steenberg (073 204 6066).

Saterdag 17 Februarie
Oudtshoorn Veterane Skouerskuur – bring en braai by die MOTH klub (Hoogstraat 195). 13:00 tot 19:00. Kontantkroeg. Navrae: Jaco Steenberg (073 204 6066).

Vrydag 4 Maart
NG Kerk Oudtshoorn-Suid hou Dankfeesbasaar – vleistafel en gebak open om 17:30. Potjiekos, groente/vrugte/plantjies, pannekoek, kindertafel, nagereg, kafee, teetuin, straatbraai, boeke en wit olifante. Etekaartjies (R70) by kerkkantoor. Sluit in gebraaide skaaptjop, hoendersosatie, wors, noedelslaai, mosterdboontjies en brood. Skakel 044 279 1900.