Events Calendar

Donderdag 17 Augustus
Die Alzheimer Onder­steu­­ningsgroep by Mil­len­nium­park se koffiewinkel. 15:00 (3 nm) Gasspreker Ma­rianne Maus. Na­vrae: Christine Nelson: 073 366 3216.

Saterdag 26 Augustus
• Langenhoven Gimnasium hou matriekafskeid.
• Danny B se musiekproduksie Boombox in jou plek. 17:00 te Dysselsdorp. R10. Navrae: 061 601 6370.

26 Aug en 2 September
Werkswinkel: How art evolved from the 17th to the 20th century. Aangebied deur Oscar Broek­hoff by Calitzdorp Kelder. 14:00 – 16:30. R235, insluitend wyn en kaas. Kontak Broekhoff: 081 270 9334 of e-pos orbroekhoff@gmail. com.

Vrydag 1 September
Danny B se musiekproduksie Die Nuuskierige Ek by die Nicolaniasaal in Bridgton, Oudtshoorn. 19:00. R30. Navrae: 061 601 6370.

Saterdag 2 September
• Lentefeesbasaar van die NG Kerk Oudtshoorn-Suid op die Proefplaas om 11:00. Kwaliteit vleis, gebak, potjiekos, groente/vrugte, plantjies, pan­ne­koek, kindertafel, nagereg, kafee, teetuin, straat­braai en wit olifante. Etekaartjies (R70) vooraf te koop by kerkkantoor. Kontak Marianna by 044 279 1900.

2 en 3 September
• De Krans Wynjkelder se Lentebloeisel-naweek in Calitzdorp. Navrae of besprekings by 044 213 3314 of dekrans@mweb.co.za