Bouwerk eers vroeg 2019 klaar

Oudtshoorn-De Rust-pad

Deur Liesel le Roux
BOUWERK aan die Oudtshoorn-De Rustpad sal na beraming eers in in Januarie 2019 afgehandel word en nie vroeg in 2018 soos Die Hoorn onlangs berig het nie.

Volgens Byron la Hoe, woordvoerder van die Wes-Kaapse Departement van Vervoer en Openbare Werke, het ’n onlangse persverklaring deur die departement per abuis die voltooingsdatum as Januarie 2018 aangedui.

Padgebruikers sal egter tot vroeg in 2019 moet wag vir dié R213 miljoen-projek van die Wes-Kaapse Departement van Vervoer om afgehandel te word.

Hy sê die voltooingsdatum van die werk aan die pad word tans op 23 Januarie 2019 beraam.
Bouwerk aan die pad het vroeër vanjaar afgeskop. Die projek behels die omvattende opgradering van die pad terwyl die brug naby die afdraai na Dysselsdorp ook wyer gemaak sal word.