Saterdag 23 November
The Music of Neil Diamond. Performed by Johan Liebenberg and band. Celebratio Pomegranate Farm outside Oudtshoorn, 20:00. Food and Wine Stalls open at 18:00. Tickets at www.celebratio. co.za or PostNet Oudtshoorn. R180 – R380 (VIP). Enquiries: 082 802 7138.
Sondag 24 November
Kerssangdiens by NG Kerk Park, Buitekanstraat 200, Oudtshoorn. 19:00. Diens word gelei deur ds Jan de Wet.
Saterdag 30 November
NG Kerk Volmoed Vleisbasaar, Volmoed Kerksaal. Kiosk open 09:00, basaar open 10:00. Geen kaartfassiliteite beskikbaar nie. Navrae Clara 084 504 3377.
Vrydag 6 Desember
5 km Colour Run deur Oudtshoorn se strate aangebied deur die Infanterieskool op Oudtshoorn as deel van hul program vir Wêreldvigsdag. Almal welkom. 09:00 vanaf parkeerterrein by NA Smit. Vyf verfgooi-punte langs die roete. R20 per deelnemer of R50 vir ’n span (minimum 6 lede). Inskrywings voor die wedren of kontak 044 203 4227.
Vrydag, Saterdag 6 & 7 Desember
Klein-Karoo Opwipmark, NG Kerk Moedergemeente. Vrydag 10:00 – 19:00, Saterdag 09:00 – 14:00. Teetuin en ligte etes elke dag. Aandete op 6 Desember: Hoenderburger teen R25. Kontak 044 272 3130
Saterdag 7 Desember
Klassieke Klein Karoo Kersfees. Met Jannie Moolman, Corlea en die Stellenbosch Stadsorkes. Celebratio Granaatplaas buite Oudtshoorn, 19:30. Kos- en wynstalletjies open om 17:30. Van die wȇreld se mooiste Kersliedere asook gewildste klassieke treffers soos Nessun Dorma en O sole Mio. Kaartjies by www.celebratio.co.za of PostNet Oudtshoorn. R160 tot R200. Navrae: 082 802 7138.