Donderdag 15 Junie
Domino-kompetisie om 18:30 by die Bergsig Gemeenskapsaal. Gratis inskrywing. Kontantpryse. Kontak Maria Fourie by 044 213 3314.
Vrydag 16 tot Sondag 18 Junie
Calitzdorp Winterfees skop Vrydag om 11:00 af met ’n optog deur die dorp na die Calitzdorp Stasie. Navrae: 044 213 3775 of e-pos aan info@calitzdorpwinterfestival.co.za
Vrydag 16 Junie
• Prins Albert Moonlight Market om 18:00 by die Markie-area langs die Fransie Pienaar Museum. Kontak Melinda by princealberttourism@intekom .co.za.
Sondag 18 Junie
Vadersdag
Dinsdag 20 Junie
Eljada-Kairos skool bied aan “Sop en Sjerrie”- aand by Brian’s Grill. 18:30 vir 19:00. Prys R60. Kontak Chrissie Geyser by 044 203 7600.
Saterdag 24 Junie
Fondsinsameling om 20:00 vir PADS Animal Welfare met kabaretster Emile Minnie by The Showroom Theatre in Prins Albert. Emile sal liedjies van sy nuwe album, 15 Onvergeetlike Jare, sing. Dit sal Franse liefdesliedjies, golden oldies en rock & roll insluit. Kaartjies beskikbaar teen R120. Kontak 023 541 1563 of e-pos info@ showroomtheatre.co.za of besoek www.showroomtheatre.co.za.
Saterdag 1 Julie
Chris Chameleon tree om 20:00 op by The Showroom Theatre in Prins Albert. Kontak 023 541 1563 of e-pos info@showroomtheatre.co.za of besoek www.showroomtheatre.co.za.