Ek stem saam met die briefskrywer – die Dekker-kommissie se verslag moet weer afgestof word.
*****
Ons hoor so dikwels alles wat verkeerd gaan in die nuwe Suid-Afrika is apartheid se skuld. Apartheid se polisiekantore het nie uitmekaar geval nie. Hoop die pad tussen De Rust en Oudtshoorn word reg oorgebou.
*****
’n Baie groot dankie aan die Oudtshoorn Munisipaliteit se elektriese afdeling vir hul flinke diens met die herstel van krag tydens die kragonderbreking in Melvillestraat op Saterdag 10 Junie 2017! Ons het groot waardering daarvoor! Leonie
*****
My naam is Marshall Williams. Woon in Bosboklaan 1379. Die Munisipaliteit het ’n reënwaterafvloeisloot teen my huis regdeur my erf gemaak wat my verhoed dat ek kan aanbou. Die sloot kan ook nie al die water wat daar inkom, hanteer nie en dan dam dit in my erf op. Gee raad asb.
*****
’n Paar maande gelede is ’n sms ingestuur dat die ligte wat Blomnek met onder De Rust verbind, flenters en vol voëlneste is. Miskien moet daar eers weer iets gebeur voordat daar regtig aandag aan die probleem gegee word. Dis so opvallend. Weet nie hoe die raadslede nie dit kan raaksien nie…
*****
Ek en my vrou kan nie die elektriese verhoging van twee persent ekstra betaal nie. Nou wil hulle hê ons moet die gelag betaal. Gaan stel die saak reg by Allen Paulse. Julle gaan groot probleme optel; die gemeentskap is gatvol. Glo my, ek weet. James Stokes