Weermagoffisiere einde Augustus voor

Deur Garnett Wicomb
NUWE verhoordatums is bepaal vir twee se­nior weermagoffisiere wat tereg staan op klagtes van intimidasie, nadat hulle die Oudtshoorn Polisie­kantoor wou laat opblaas en die polisie in die uitvoe­ring van hul pligte verhinder het.

Die verhoor van die bevelvoerder van die Infanterieskool, kol Nkabu Nthejane, en ’n voormalige bevelvoerder van die skool, kol Xolani Mankayi, is verlede Donderdag in die Oudtshoorn Streekhof tot 28 Augustus uitgestel omdat die landdros wat die saak aanhoor tot einde Julie met siekteverlof is. Die verhoor is vir ’n week, van 28 Augustus tot 1 September 2017, geskeduleer.

Die twee beskuldigdes pleit onskuldig op al die aanklagte teen hulle.