Verhoor van senior offisiere vandag voortgesit

Deur Garnett Wicomb
DIE verhoor van twee senior weermagoffisiere wat tereg staan op klag­tes van intimidasie en dat hulle die polisie in die uitvoering van hul pligte verhinder het, word vandag voortgesit.

Die verhoor, wat verlede week voortgesit sou word, is weens die siekte van die landdros vir nuwe verhoor­datums tot vandag uitgestel.

Volgens die staatsaanklaer, adv Michelle Weyers, is die saak in oorleg met die twee beskuldigdes se regsverteenwoordiger, adv Mervyn Doralingo, uitgestel om sekerheid te kry wanneer die voorsittende beamp­te, streeklanddros Mark van Wyngaardt, wat steeds met siekteverlof is, weer met sy werk kan voortgaan.

Die twee offisiere – die bevelvoer­der van die Infanterieskool op Oudts­hoorn, kol Nkabu Nthejane, en ’n voormalige bevelvoerder, kol Xolanie Mankayi – pleit onskuldig op die klagtes teen hulle.