Rower mag appeleer

Deur Garnett Wicomb
’N MAN met ’n verstommende lys vorige veroor­delings en wat 15 jaar tronkstraf opgelê is nadat hy weer aan roof met verswarende omstandighede skuldig bevind was, is in die Oudtshoorn Streekhof verlof gegee om teen die vonnis sy appelleer.

Elroy Fillies het op 2 Januarie 2016 ’n 19-jarige universiteitsstudent, Jazihano Loksen, van sy sel­foon beroof en met ’n kapmes na sy kop gekap.

Streeklanddros Mark van Wyngaardt het met vonnisopegging gesê Fillies is besig om misdaad sy beroep te maak en hom ’n tweede keer ge­waar­sku dat hy tot gewoontemisdadiger verklaar kan word. Die landdros het Fillies se aansoek om teen die vonnis te appelleer toegestaan omdat hy van mening is dat ’n ander hof moontlik ’n ligter vonnis kan oplê. Die aansoek om teen sy skuldigbevinding te appelleer is egter van die hand gewys.