Deur Garnett Wicomb
’N AANSOEK van ’n man van Calitzdorp wat 20 jaar vir verkragting opgelê is, om teen sy skuldigbevinding en vonnis te appelleer, is Vrydag in die Oudtshoorn Streekhof van die hand gewys.
Clive Louw (49) van Valentynskamp, Bergsig het op 14 Februarie 2016 ’n 25-jarige vrou in sy plakkershut verkrag nadat hy die deur gesluit het.
Sy weergawe dat sy hom toestemming gegee het, is deur streeklanddros Daniel Boks as leuenagtig en vals bevind en verwerp.
Boks het Vrydag Louw se aansoek om teen sy skuldigbevinding en vonnis te appelleer van die hand gewys. Hy het 30 vorige veroordelings.
Boks het gesê die hof is van mening dat daar nie enige mistasting was met die skuldigbevinding nie en dat die vonnis van 20 jaar nie buitensporig hoog is, gesien in die lig van verdoemende getuienis en sy ellelange lys van vorige veroordelings nie.