Deur Garnett Wicomb
DIE saak teen ’n vrou van Oudtshoorn wat daarvan aangekla is dat sy haar baba vermoor, in ’n plastieksak toegedraai en op ’n vullishoop in die middedorp gelos het, is in die Oudtshoorn Distrikshof van die hofrol verwyder.
Die klagtes teen Katrina Plaatjies (34) van Rosevalley is voorlopig deur die staat teruggetrek, maar die saak kan na verdere ondersoek weer op die hofrol geplaas word.
Landdros Johan Steynberg het in Desember verlede jaar borgtog van R500 aan Plaatjies toegestaan.
Twee munisipale werkers het op 4 Desember 2016 op die lyk van die baba afgekom nadat hulle ondersoek ingestel het na ’n slegte reuk in die hoek van ’n stegie in die middedorp.