’N SAAK van bedrog is na bewering geopen teen genl maj Sandra Malebe-Thema van die SAPD.
Malebe-Thema het op 7 November 2016 landwyd opskudding veroorsaak toe sy na bewering onder meer rassistiese uitlatings teenoor opleidingsbeamptes van die Oudtshoorn SAPD Akademie gemaak het terwyl hulle op ’n verhoog voor sowat 450 studente moes staan.
Volgens betroubare bronne hou die bedrogsaak teen Malebe-Thema verband met gebeure binne die Eden-gebied.
Die Hoorn se navrae aan die polisie vir inligting oor die die ondersoek was met die ter perse gaan van die koerant nog nie beantwoord nie.