2 in hof vir dwelms, poging tot moord

Deur Garnett Wicomb
TWEE mans wat aangekla word van handeldryf en die besit van dwelms, asook poging tot moord en roekelose bestuur, kom tans in die Oudtshoorn Landdroshof voor.

Die mans, Ottman Muzokozi, ’n Tanzaniese bur­ger, en Issa Said van Thembalethu, George, staan tereg op klagtes van handeldryf in en besit van dagga terwyl Muzokosi ook aangekla word van poging tot moord en roekelose en/of nalatige bestuur. Hulle is op 31 Desember 2015 op die George-pad met 3,6 kg dagga in hul besit in hegtenis geneem en later borgtog toegestaan.

Muzokozi het na bewering ook probeer om ’n polisiebeampte, konst Patrick Jafta, met sy voertuig om te ry.

Die saak word verhoor deur streeklanddros Mark van Wyngaardt.