15-jarige seun skuldig bevind aan poging om te verkrag

Deur Garnett Wicomb
DIE vonnisoplegging van ’n jeugdige van Dysselsdorp wat ’n 11-jarige meisie wou verkrag, is Maandag in die Oudtshoorn Streekhof tot volgende maand uitgestel.

Die 15-jarige seun het skuldig gepleit op die klagte van poging tot verkragting.

Streeklanddros Daniel Boks het die saak vir proefbeampte- en korrektiewe verslae tot 26 Maart uitgestel.

Die seun het erken dat hy op ’n dag alleen tuis was toe die meisie daar aangekom het.

Hulle het volgens hom poppehuisie gespeel toe hy haar probeer verkrag het. Hy het dit laat vaar nadat sy te veel geraas gemaak het.

Die seun het erken dat hy verkeerd gedoen het en gestraf kan word.

Die hof het sy pleitverduideliking aanvaar.