Die Hoorn en werkende vroue kuier saam

Van die vroue wat die kuiergeleentheid bygewoon het, skryf hul boodskappe vir ander vroue neer. Foto’s: Liesel le Roux


Deur Liesel le Roux
VROUE in die besigheidswêreld moet opstaan en saamwerk om verandering en positiwiteit in hul gemeenskap te weeg te bring, het Oudtshoorn se onder-burgemeester, Noluthando Mwati, Dinsdagoggend by ’n oggendbyeenkoms van Die Hoorn gesê.
Die vroue van Die Hoorn het ’n groep werkende vroue van Oudtshoorn die oggend genooi om saam met ons ’n uur lank van die kantoor weg te breek, koffie of tee te drink, ’n kolwyntjie te eet en mekaar te leer ken.
Almal was dit eens dat dit ’n baie suksesvolle netwerkgeleentheid vir werkende vroue was wat Die Hoorn beoog om te herhaal. Ons sal die dorp se werkende vroue op hoogte hou.
Mwati het die vroue aangemoedig om bewus te wees van hul maatskaplike verantwoordelikheid en die belangrikheid daarvan om versoenend op te tree.
Sy het ’n beroep op vroue gedoen om eerder saam met ander te werk as teen hulle, en te vergeet van kleur en ras. Sy het vroue ook gevra om ander vroue te ondersteun, en bewus te raak van die baie vroue wat swaarkry.
Mwati het voorts verwys na die manier waarop baie vroue op Facebook ander mense aanval en ook die munisipaliteit aanval.
“Hulle het die reg om dit te doen, maar ek moet vra: wat doen jy vir Oudtshoorn behalwe om te kritiseer?”
“Laat ons mekaar eerder ondersteun. Ons kan Oudtshoorn beter maak as ons saamwerk. Dan kan almal vooruitgaan – in besigheid maar ook elders en ook aan die anderkant van die dorp.”
Die vroue het almal ’n kort “boodskap” wat hulle graag met ander wou deel of waarmee hulle ander wil bemoedig, neergeskryf.
Dié boodskappe het ons by Die Hoorn se voete onder ons uitgeslaan. Hier is party daarvan:
• Wees wie jy is. Moet nooit dat iets of iemand
jou onder kry nie. Jy is spesiaal nes jy is;
• Ontdek jouself;
• Wees jouself. Jy is kosbaar. Kyk altyd op;
• Go for your dreams! Time is too short not to;
• Work hard in silence, let success make the
noise. Keep believing;
• To love one another is the best we can do;
Don’t pull people down;
• Vertrou jou intuïsie – jou hart sal jou lei;
• Bly glo in jouself! Miracles do happen;
• Change the way you look at things, and the
things you look at will change;
• She believed she could, so she did; en
• Little girls with dreams become woman with
vision
• Om positief te wees is die sleutel tot sukses.
Baie dankie aan die volgende wonderlike mense wat die oggend moontlik gemaak het:
• Die Oudtshoorn Munisipaliteit wat die ruimte naby die fontein aan ons beskikbaar gestel het.
• Oudtshoorn Nissan wat die drink- en eetgoed geborg het.
• Enchanted Coffee vir die dekor, tafels en verversings.
• Plaspac vir die kolwyntjie-houers.
• La Prima vir die breekgoed.
• Angelique Erasmus van Die Hoorn by wie die gedagte vir so ’n geleentheid ontstaan het.