Weer tyd vir kleuters se atletiek!

5 of 11 Action Kids Sportsday Poster 2017

Deur Liesel le Roux
DIE jaarlikse kleuteratletiekbyeenkoms op Oudts­hoorn wat aangebied word deur Action Kids, vind vanjaar op Saterdag, 4 Maart, plaas op die sportterrein van Langenhoven Gimnasium. Dié jaarlikse atletiekbyeenkoms vier vanjaar sy 15de verjaarsdag!

Seuns en meisies tussen een en ses jaar neem in afsonderlike kategorieë en jaargroepe deel. Alle eenjariges kry deelname-sertifikate, en vanaf twee jaar kry die kleuter in die eerste drie plekke in elke item ’n medalje.

Die organiseerder, Charlotte Bothma, beloof daar is vanjaar ’n beloning vir elke deelnemer!
Inskrywings kos R15 per kind en moet voor 27 Februarie gedoen word, Inskryfvorms is beskikbaar by skole of kontak Bothma by 084 554 1153.