DIE ACVV Tuishuis nooi Oudtshoorniete uit na hulle teetuin op 15 Oktober.
Kaartjies is beskikbaar teen R30, en sluit ’n koppie koffie of tee en sny koek in.
Lootjies sal ook beskikbaar wees teen R30 ’n lootjie, met opwindende pryse kan gewen word.
Ondersteun gerus dié fondsinsamelingsprojek wat die betrokke Saterdagoggend vanaf 09:00 plaasvind.
Dié fondsinsameling in die teetuin is ten bate vir die herstel van hulle dak wat lek.
Die koste vir die herstel beloop 100 000de rande. (Deur Angelique Erasmus)
Tuishuis hou Teetuin vir dak
