Tenders op pad vir diereskut

Deur Liesel le Roux
DIE Oudtshoorn Munisipaliteit gaan ’n tender uitreik vir die bestuur van die Oudtshoorn Diereskut.
“Ons hoop ons sal daarmee al die probleme kan oplos wat die dierewelsyn die afgelope paar jaar op die dorp ervaar het. Die munisipaliteit is bewus van die uitdagings by die Oudtshoorn Diereskut,” sê Ntobeko Mangqwengqwe, senior woordvoerder van die munisipaliteit.

Mangqwengqwe sê die munisipaliteit skenk aandag aan die dag-tot-dag-bestuur van die skut en klagtes wat ontvang word.

“Ons besef die situasie benodig onmiddellike optrede.
“Ons doen ons bes om die probleem op te los sodat diere met liefde en respek behandel kan word.”