Skenking van elektriese rolstoel

Die skenking van ’n elektriese rolstoel deur een van die lidmate van die Oudtshoorn United Congregational Kerk (UCC), br Fern­dale,aan die gemeente se be­die­ning vir bejaardes en gestremdes, help bejaardes nou om tydens byeenkomste op die perseel en gemeenteoptogte nie uitgesluit te voel nie. Die munisipale verkeers­diens het ook ’n kursus vir die bejaardes aangebied oor die korrekte gebruik van die “karretjie” wanneer daarmee in die straat gery word. Hier is die sameroeper van die bediening, Japie Coetzee (agter links) en Nico May (regs) van die verkeers­diens saam met van die bejaardes.  Foto verskaf